Galaktiese uitbulting

NGC 4565 van die kant af gesien.
’n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop van die sentrale gebied van NGC 4314, ’n sterrestelsel met ’n stervormende kernring.

’n Galaktiese uitbulting of bol (Engels: bulge) is die sentrale, bolvormige verdikking in spiraalsterrestelsels. Die historiese siening is dat sulke uitbultings elliptiese sterrestelsels is wat toevallig ’n skyf sterre om hulle het, maar hoëresolusiefoto's deur die Hubble-ruimteteleskoop het onthul dat baie van hulle eienskappe het wat meer met spiraalstelsels ooreenstem. Daar word nou geglo dat daar twee soorte uitbultings is, dié soos spiraalstelsels en dié soos elliptiese stelsels.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search